Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marloth Park het dalk bietjie in die omgewing verander, maar die rustigheid om jou plekkie bly altyd 'n oase en rus vir jou siel."
"Die paadjies tussen die huise was op sommige plekke amper onbegaanbaar weens verspoeling."
"Baie naby die Kruger Nasionale Park en die Mosambiekse grens. Top ligging."
"Maak asb. net seker dat daar nie te veel huise in Marloth Park gebou word nie. Dit voel of daar te veel huise gebou word en daarmeesaam die bos-gevoel verminder."
"Marloth is ‘n rustige, bestemming in die bos waar wild op jou stoep kom kuier!"
"'n Ware rus vir jou siel en lus vir die oog. 'n Definitiewe moet vir natuur- en diereliefhebbers!"
"Dit is beslis 'n plek wat ek vir vriende en familie sal aanbeveel, maar net die paaie wat na die park toe lei. Die paaie na verskeie huise kan bietjie opgradeer word."
"Hoofpad is in 'n slegte kondisie. Sal aanbeveel dat hulle dit teer. Die personeel by die restaurante moet beter opgelei word. Die Watergat is 'n mooi restaurant, maar die personeel is onbekwaam. "
"Lieflike plek vir 'n familie om 'n naweekwegbreek by te hê. Ek hoop ek kan 'n plek daar besit."
"Very close to the crocodile bridge entrance for the Kruger Park. Some of the roads could do with some attention as without a 4x4 type vehicle some of the roads are not easy to navigate. The restaurant/bar on site appeared to be very male dominated and the shop did not carry much to prepare for meals other than frozen vegetables or chips. The butchers on site were very good with a great choice of meat available."
"Best of both good restaurants and food and also convenience stores as well as being in the bush."
"Op die oog af sal 'n mens nie dink daar is sulke eksklusiewe plekkies in Komatipoort nie. Ons was regtig verras. Baie dankie aan almal se vriendelikheid."
"Marloth Park is sowaar 'n juweel in die bos. Met die diere wat kom "inloer" om 'n vuurtjie wat brand. Dis ongelooflik mooi."
"Het baie lekker gebly. Baie mooi area tussen die bome en jy sien wild ook soos jy deur die park ry."
"Ons geniet Marloth Park vreeslik en dit is altyd lekker om terug te gaan."
"Marlothpark is regtig een van die mooiste toeristebestemmings en ek sal enige iemand aanraai om tog, al is dit net vir 'n naweek, 'n wegbreek in Marlothpark te neem. Net om weer die rustigheid te ervaar, asook die vars lug, die natuur en die wild - alles die moeite werd."
"Marloth Park is 'n baie lekker plek om jou familie heen te vat. Diere kom eet uit jou hand. As jy in Des/Jan gaan maak seker jou bespreek 'n plek met lugversorging en 'n swembad."