Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 466 reviews.
"Dit is 'n wonderlike plek om na toe te gaan as die weer lekker is. Daar is baie aktiwiteit om te doen in die natuur. "
"Wildernis Is 'n little Hamlet. Heerlikste restaurante en atmosfeer. Pragtige strande."
"Ek is gaande oor Wildernis, hetsy dit vakansie-seisoen of buite-seisoen. Dit bly 'n ongelooflike, heerlike vakansie-bestemming."
"Dit is 'n baie rustige dorp, mense ook baie vriendelik. Dit is 'n goeie plek om jou moeë liggaam te rus. Ons sal terugkom."
"So baie verborge paadjies wat wag om verken te word. Wildernis doen sy naam gestand."
"Oulikste dorpie denkbaar en naby genoeg aan die groot sentrums as jy dit verkies."
"Wilderness is een van my gunsteling-bestemmings op die Tuinroete - die natuurskoon is pragtig en daar is baie om te doen in en om die dorpie! 'n Moet-sien vir enige toeris!"
"Maak baie min voorsiening om klein kindertjies te vermaak wanneer die weer sleg is!"
"Pragtige omgewing en baie gesellige restourante en naby al om gewilde Sedgefield Saterdag mark."
"Cosy little town with unspoiled beach on one side and a meander of lazy rivers on the other side, lush vegetation. Near to George but very tranquil, perfect for a relaxing holiday close to nature. Great to explore surroundings as well."
"Wildernis is natuurlik geskik vir oorsese toeriste, maar as jy moeite doen, kom jy op die hart van die dorp en sy inwoners af. Dit is 'n vriendelike dorpie en baie skoon en georganiseerd. Ek is natuurlik 'n boswese en kon heerlik op die paaie in die woud stap en die natuur geniet. Daar is ook soveel plekke waar jy net die uitsig rustig kan sit en geniet."