Verified Reviews
Williston
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Williston
Rated 4.1 out of 5 based on 180 reviews.
"Nie regtig 'n toeriste-bestemming nie. Eerder geskik vir oornag wanneer op reis."
"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."
"Het dalk bietjie min tyd gehad om Williston meer te verken - so nou dat ek weet waar om te bly, sal ek graag meer van die toere in die omgewing 'n kans gee."
"Ons het net een nag oorgeslaap. Baie vriendelike mense. Veilige omgewing. Inwoners is baie behulpsaam."
"Daar is baie om te leer oor die Boereoorlog, die mense is vriendelik en dis 'n ideale stop op pad Namakwaland toe en ook direk op pad om die lenteblomme te besigtig."
"Williston is 'n pragtige, netjiese en veilige Karoodorpie, met gasvrye mense, waar jy die heerlikste vleis en wors kan koop."
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."
"Dit is maar dieselfde as die ander Karoo-dorpe in die omgewing. Die restuarant "Manna" was baie goed."
"As jy van die Karoo hou, gaan kuier in Williston op jou roete. Gaan slaap by Oliveira Selfsorg en eet heerlik by Manna restaurant of braai Karoolam van Karusaf!"
"Williston needs more businesses to invest in the town and create more employment opportunities. Such a humble community."