Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 414 resensies.
"Die hoofstrand was fantasties, een van min plekke waar 'n mens in n restaurant kan sit terwyl die kinders op die strand speel. Die rotse op laagwater is vol oesters en lekker vet mossels en ons het binne minute 'n smul lekker ete self bymekaar gemaak. Die riviermond en see bied een van die beste hengel bestemmings in Suid Afrika."
"Wees voorbereid dat winkel/s vroeg toemaak. Naaste dorp 30km. Geen dokter, kliniek of apteek nie. Ideaal as jy van ALLES wil wegkom. Pragtige plek."
"Witsand is perfectly positioned for day trips to the Karoo or Garden Route or De Hoop Nature Reserve. It has a very temperate climate, with great beaches and views. The estuary is picturesque. There are a variety of things to do so anyone's tastes can be satisfied. If you're looking for something a little quiter than Hermanus or Plettenberg Bay, but still with modern comforts, then Witsand is an excellent choice."
"Ons het bietjie rondgery daar en mense daar is baie vriendelik."
"Witsand is nog altyd vir my een van die beste bestemmings aan die Suid-kaap. Iets vir mamma. pappa en die kinders om te doen."