Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

1202 Topaz Luukse Vakansie Akkommodasie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 171, Topez, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

1202 Topaz Luukse Vakansie Akkommodasie is 'n pragtige selfsorgwoonstel teen die strand wat in die gewilde Kusweg in Strand geleë is. Dit bied 'n panoramiese uitsig oor die see en luukse gerief vir ontspannende verblyf. Die woonstel is perfek vir gesinne of vriende en het slaapplek vir 4 gaste in 'n elegante omgewing.

Die eenheid beskik oor 2 ruim slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea spog met 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus. Vir ekstra gerief is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die aangrensende eetarea het 'n tafel, terwyl die sitarea gemaklike sitplek en 'n TV bied vir ontspanning.

Dié woonstel spog met 2 balkonne. Die agterste balkon is omring met glaspanele en bied asemrowende uitsigte op die Helderberge en oor die see, terwyl die voorste balkon 'n gasbraai en ononderbroke uitsigte oor Valsbaai het. Gaste kan die geriewe van die woonstelgebou geniet, insluitend 24 uur-sekuriteit toegangsbeheer, veilige parkeerplek, 'n gemeenskaplike swembad, 'n gimnasium en 'n stoomkamer. Met sy uitstekende ligging teen die strand en uitstekende geriewe, beloof die woonstel 'n onvergeetlike en luukse kuswegbreek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 231

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kusweg 171, Topez, Strand, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 171, Topez, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAff4f0c62de384bba330635e8ebb71d27015c058ce8267154103ddbfcbfc5a2c4d182bc2893b645bbd065f6e37b12ae98059b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4) 171 Beach Road Topez 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.107357777122 18.819641145477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang