Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

19 De Mist Circle

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Mist-sirkel 19, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Net 'n blok weg van die hoofswemstrand in Bluewaterbaai in Gqeberha (Port Elizabeth) is 19 De Mist Circle geleë wat gerieflike selfsorgverblyf bied wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groot groep vriende. Hierdie eiendom is verdeel in die hoofhuis en 'n aparte woonstel wat óf saam óf apart bespreek kan word.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 'n aparte slaapkamer wat met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens ingerig is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Dié eenheid het 'n sitarea met 'n TV en 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware.

Die hoofhuis kan tot 9 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 3 enkelbeddens het. Hierdie 3 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Boonop is daar 'n sitkamer met lugversorging met gemaklike sitplek en 'n TV, asook 'n etenstafel met sitplek vir 6. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar in die hoofhuis en die woonstel.

Van die sitarea af lei daar 'n binnebraaikamer met 'n kroeg en dit lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en swembad wat gedeel kan word met die gaste wat in die woonstel bly.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Julie Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 50

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • De Mist-sirkel 19, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
  • Gaste dink 19 De Mist Circle het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Mist-sirkel 19, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec45f5f58737693a23af00a7087815458dc0f9f278b6ba050d84520171b9089860f182a0a1292877f5e7ae71ae0ff383ed64?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 1 5 1 4 19 De Mist Circle Bluewater Bay 6210 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.862047417733 25.631922581615

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang