24 Eastpoint
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Timeball Boulevard 6, Point Waterfront, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 270 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
24 Eastpoint bied selfsorgverblyf in 'n stylvolle woonstel in die Eastpoint-kompleks in Durban se Point Waterfront. Die woonstel spog met uitsigte oor Durban se hawe en is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.
Die smaakvol gemeubileerde woonstel bied verblyf aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n stort in die aparte badkamer.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Dit lei na die leefarea met 'n gemaklike rusbank, TV en 'n etenstafel met sitplek vir 4. Gaste het toegang tot gratis WiFi sowel as veilige parkeerplek op die perseel.
Die gebou is naby uShaka Marine World wat talle verskillende eetplekke, 'n waterpark en 'n strand het waar gaste kan sit. Die iCC en die Playhouse-teater is slegs 'n entjie se ry vanaf Eastpoint.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Kale Geverifieer
Eiendomme 29
Resensies 29
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Timeball Boulevard 6, Point Waterfront, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Timeball Boulevard 6, Point Waterfront, Durban, 4001, KwaZulu-Natal