Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

269 on Main

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 269, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

269 on Main is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 10 gaste in Hermanus. Dis ideaal vir 'n groot gesin, groep of paartjies.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 ruim, en suite-slaapkamers en elke kamer het 'n koninggrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Handdoeke en linne word voorsien. Die huis spog ook met 'n praguitsig oor die see en op die berg. Die moderne kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die tiensitplek-etenstafel geniet. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.

Die ruim sitkamer het gemaklike meubels en 'n sateliet-TV, DStv en Netflix en die stapeldeure lei na die swembad met 'n dek. Gaste kan ook in die eerste verdieping se kuierarea ontspan wat met stapelvensters 'n uitsig oor die gholfbaan bied.

Onderdakbraaigeriewe en 'n buite-eetarea is beskikbaar. Daar is ook veilige parkeerplek.

Hermanus bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos kajakvaar, staanroei, swem, visvang, perdry, gholf en walviskyk tussen Julie en Oktober. Gaste kan ook die verskeie wynlandgoedere besoek of die Fernkloof Natuurreservaat via die stap-, voetslaan en fietsryroetes verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Hoofweg 269, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 8 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 269, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdddce9472f4618fe81cad42bb1b69100686383e3fce43e12f4836659a51b43922a89dd404b0d83cdea88d59dda3ef8ac79cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 500 per nag (plek vir 10) 269 Main Road Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4112505 19.2524219

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang