Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

32 @ Woker

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woker-straat 32, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

32 @ Woker gastehuis bied selfsorgverblyf in die gesogte woonbuurt Vineta in Swakopmund. Dis net 1 blok van die see en ongeveer 2 km van die middedorp af. 32 @ Woker is 600 m vanaf die Indoor Sports-kompleks waar daar 'n goeie restaurant, swembad, gimnasium, kroeg en ander winkels is.

Verblyf word gebied in 4 ruim en moderne kamers:
Die eerste kamer is in 'n ateljee en het 'n dubbelbed met slaapplek vir 2 gaste. Die tweede kamer is in die tuinwoonstel en het 2 enkelbeddens en slaapplek vir 2. Die derde kamer is 'n gesinskamer en het 'n dubbelbed en 'n stapelbed wat slaapplek bied vir 4 gaste. Die vierde kamer is in die solder en het 4 enkelbeddens en bied slaapplek vir 4 gaste. Elke woonstel het 'n kombuis en DStv.

Gaste het toegang tot 'n privaat tuin, braaigeriewe en veilige parkeerplek. Ongelukkig het gaste in die ateljee-woonstel nie 'n buite-area nie en moet op die straat, net onder die woonstel, parkeer.

Die gashere kan gaste help met besprekings vir restaurante of doendinge wat in Swakopmund aangebied word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 122 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rossouw T
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay in Swakopmund! We had a fantastic stay at 32@Woker in Swakopmund! The accommodation was comfortable, clean, and well-loc...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Tharina K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gemaklik. Baie gerieflik, baie groot en ruim eenheid. Parkeering was beskikbaar, maar nie toeganklik nie. Ander inwonders het toegang verberg.
Mrt 2025
Liani S
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike lekker, skoon en ruim plek. Het in die solderkamer gebly. ‘n Ongelooflike plek! Solderkamer het soveel ruimte, dit voel soos 'n huis! Bai...
Sien meer
Mrt 2025
Duwayne C
Saam met lewensmaat
5.0
Lekkkkeeeeeerrrr!!!!!!!! Lekker veilig en skoon dorp.
Jan 2025
Barry R
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal weer hier bly. Baie lekker gebly! Baie mooi en gerieflike woonstel. Baie spasie in ons gesins eenheid. Baie skoon, perfekte ligging.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ilse Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 122

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Woker-straat 32, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Gaste dink 32 @ Woker het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woker-straat 32, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlODAxMDBhLThhYzMtNDhjNS05OTE1LWQyMmQ0Njc5NzExNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag (plek vir 2) 122 5 1 5 32 Woker Street Vineta 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -22.661467032872 14.528632219574

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011