Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

43 Lily

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lily-laan 43, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

43 Lily is 2 oulike ateljeewoonstelle wat vas is aan die eienaar se hoofhuis, maar elkeen het steeds sy eie privaat ingang. Die woonstelle is in 'n rustige buurt in Gqeberha (Port Elizabeth) en is die ideale keuse vir oornagverblyf of verblyf vir sakereisigers.

Die woonstelle bied elkeen slaapplek aan 2 gaste. Die hoofwoonstel beskik oor 'n oopplan-slaaparea met 'n koningingrootte-bed, 'n klerekas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede woonstel het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisies is met 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die hoofwoonstel het 'n leefarea met 'n gemaklike rusbank en 'n etenstafel met 2 stoele. Elke woonstel het ook 'n platskerm-TV met toegang tot Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n battery wat rugsteunkrag tydens beurtkrag bied.

43 Lily is naby talle gewilde aantrekkings en besienswaardighede in Gqeberha en bied maklike toegang tot Sunridge Village-sentrum, Sunridge Laerskool, Framesby Hoërskool en die N2.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ryan O
Saam met lewensmaat
5.0
Neat and clean. Super clean and neat. Spacious and well equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Thedo V
Besigheidsreis
5.0
Defnitief weer terug. My eerste keuse vir PE. Ja, dankie. Netjies skoon, self sorg opsie nice. Area en ligging perfek. Wel een punt en eienaars weet. ...
Sien meer
Okt 2024
Helene B
5.0
Uitstekende verblyf. Ons was drie persone en het dus beide kamers geboek. Die kamers het smaakvolle dekor en is toegerus met alles wat jy benodig. Sko...
Sien meer
Jul 2024
Ilja K
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n baie lekker oornag. Pragtige kamer naby winkelsentrum. Gashere is uitstekend en baie behulpsaam. Ligging is perfek, sekuriteit is uitstekend.
Jun 2024
Karen L
Gesin met tieners
5.0
The hosts are super friendly and accommodating. Our rooms were spotless and excellent. Our stay was wonderful. Definitely staying there...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Zurika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lily-laan 43, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink 43 Lily het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lily-laan 43, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f132d1a9ca3c17e151179b7039a5fb5895872d88b10e706d813865bf5c2acdc99392bbb726469bb22dfc7decc82f0f7abd6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 43 Lily Avenue Sunridge Park 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.9538716 25.5239281

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang