52 Gleniqua
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
52 Gleniqua is 'n lieflike vakansiehuis in Groot-Brakrivier, 'n kusdorp naby Mosselbaai. Dié dorp is bekend vir 'n matige klimaat reg deur die jaar, gou strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers met 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n privaat ingang, 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers het toegang tot 2 badkamers wat elkeen 'n stort het en gedeel word.
Die oopplan-kombuis en -leefarea is op die onderste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en etenstafel met sitplek vir 6 toegerus. Die sitarea lei na 'n beskutte patio met 'n braai-area en 'n piekniektafel. Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie in die dubbelmotorhuis wat kan toesluit beskikbaar.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis en leefarea is oopplan. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eenplaatstoof en etenstafel vir 2 toegerus. Die sitarea lei na die beskutte stoep met braaigeriewe.
Doendinge in die area sluit in visvang, voëlkyk, bootvaart, duik, snorkel, swem, voetslaan, gholf en valskermsweef in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lunell Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink 52 Gleniqua het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Gleniqua-rylaan 52, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang