Baie lekker naby aan alles, netjies en skoon.
Ons het baie lekker gebly, kinders het lekker gespeel. Die volgende dinge is glad nie negatiewe kommentaar nie, sien dit eerder as waardevolle tips vir toekomstige gaste wat dalk ook dit gaan raaksien. Die 2 vullisdromme onder is baie klein, wat beteken dit raak vinnig vol, en ons was 10 mense vir 5 dae. Elke drommetjie het net 1 swartsak in gehad, en daar was geen ekstras in die huis om weer in te sit as ons dromme vol was nie, so dalk kan hulle net 'n paar ekstra swartsakke los vir gaste en dalk 'n groter drom kry, dan sal die swartsakke langer hou ook, want die klein dromme raak gou vol.
Hulle het net 1 rol toiletpapier in elke badkamer gesit, ons was 8 vrouens en 2 mans, so vir 5 dae is dit ongelukkig nie genoeg nie, dalk kan hulle 1 ekstra rol in elke badkamer ook sit. Die ligte by die eetkamertafel is baie mooi en fancy, maar net 1 van die 6 bulbs het gewerk, so hulle kan dalk net dit vervang, dat dit minder donker is by die braai- en eetplek. Dan sal 'n gewone toeklapbraairooster ook handig wees, want jy kan nie regtig braaibrood en wors braai op 'n oop grid-rooster soos wat in die braai was nie, want hoe draai jy die wors en broodjies om sonder 'n toeklaprooster? Net 'n wenk.
Die laaste ding wat gaste nogal trek na die huis, is die uitsig oor die see as jy onder sit, en op die foto's op die website lyk dit soos 'n oop strand voor die huis, maar toe ons daar was was daar 'n groot sandwal gestoot reg voor die muur, so my skoonma wat nie kan trappe klim nie, kon nie die see vanaf die onderste gedeelte sien nie, want die sandwal maak alles toe. So hulle moet dit dalk net vir gaste noem of die foto's upgrade, want anders is dit 'n miskonsepsie wat jy kry van jou regte uitsig. Soos ek sê, dit is nie negatiewe kommentaar nie, eerder dinge wat die verblyf nog lekkerder en beter kan maak. Alles was skoon en netjies, daar was 'n skottelgoedwasser met genoeg tablets en alles wat jy andersins nodig het was daar. Kinders het lekker gespeel by die parkie langs die museum, naby genoeg om te stap. Ons het baie lekker gekuier en almal het dit geniet.