African Grace and African Diamond Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deane-singel 26, Northmead Uitgang 7, Benoni, 1501, Gauteng
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
African Grace and African Diamond Guest House is in die eienaar se tuin in 'n rustige area in Benoni, naby die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Hier kan gaste die geselskap van die voëltjies geniet en in hul privaat wegbreekplek ontspan.
Die kothuis beskik oor 2 selfsorgeenhede, naamlik African Diamond Cottage en African Grace Cottage. Die kothuis is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk.
African Grace Cottage is geskik vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die sitarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Apple TV met Netflix is in beide die sitarea en hoofslaapkamer beskikbaar. Daar is onbeperkte WiFi en 'n skuifdeur bied toegang tot 'n privaat dek met sitplek en ketelbraaigeriewe.
African Diamond Cottage het 'n oopplan-slaaparea en leefarea met 'n kombuis en en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad wat met glasvensters omring is om 'n uitsig oor die tuin te geniet. Daar is ook WiFi en 'n TV met Netflix en YouTube in die sitarea.
Gaste het hul eie sleutels wat toegang tot die privaat tuin bied. Daar is ook veilige parkeerplek in die gedeelde oprit.
Gaste het ook toegang tot 'n lieflike tuin, braai-area en 'n swembad. Daar is 'n volledige sonkragstelsel sowel as 'n kragopwekker op die perseel vir gebruik tydens beurtkrag. Daar is ook JoJo-watertenks.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Billy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Deane-singel 26, Northmead Uitgang 7, Benoni, 1501, Gauteng
- Gaste dink African Grace and African Diamond Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Benoni Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deane-singel 26, Northmead Uitgang 7, Benoni, 1501, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang