Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Balencay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springfield Laan 7, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 990 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Balencay is 'n grasdak-seehuis wat naby die kranspaadjies in Hermanus geleë is. Dié huis bied oorgenoeg plek vir groot gesinne of groepe vriende om te ontspan en kuier. Dit spog met 'n sonnige dakterras met see- en berguitsigte en 'n lowerryke tuin.

Die huis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping in die hoofhuis en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder het dit 'n balkon, studeerkamer en 'n TV-sitarea met 'n kaggel en 'n slaapbank wat geskik is vir jong kinders. Die tweede slaapkamer is in die hoofhuis op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n kaggel en 'n aangrensende badkamer met 'n bad en stort. Hierdie kamer het toegang tot die tuin. Die derde slaapkamer is die swembadkamer met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is bo die motorhuis met 'n kombuisie onder. Dit het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n balkon en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die huis het 'n oopplan-kombuis en -eetarea, 'n sitkamer, eetarea binne en buite, WiFi, 'n Apple-TV, omsetter en sonkrag, 3 kaggels, boeke, speletjies en 'n kluis vir waardevolle items.

Boonop spog die huis met 'n privaat, goed versorgde tuin, 'n verhitte swembad, sonstoele, 'n buitestort, gasbraaigeriewe en parkeerplek vir gaste.

Gaste kan op die bekende walviskykpaadjies na Hermanus se middedorp stap en 'n aantal restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels verken. Die huis is net 'n entjie se ry na Blouvlagstrande.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbank vir 2

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 49

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Springfield Laan 7, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 990
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 990
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springfield Laan 7, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec0850661b39c21d399baf21a4629b88c0017f20bcaa899b6e34c504e8d129de3e27c32818305cb665ee6f1f2beddedb96ea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 990 per nag (plek vir 8) 7 Springfield Avenue Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.429474513572 19.225459766865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang