BayDream Family Holiday Home
Kry 30% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 500R2 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
BayDream Family Holiday Home is in Outeniqua Strand naby Groot-Brakrivier en is ideaal vir 'n gesin of groep vriend. Dit is naby winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en trekpleisters.
Die vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, en 'n wasbak, en 'n deur wat lei na die stoep. Die tweede badkamer het 'n stort, hoekbad, en 'n wasbak, asook 'n aparte toilet met 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gas- en elektriese stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.
Die sitarea het rusbanke en 'n TV met Openview. Daar is 'n DStv-konneksie indien gaste hul eie dekodeerder saambring. Die eetarea het sitplek en daar is beperkte WiFi.
Die verblyf spog met 'n see-uitsig vanaf die sitkamer, stoep, kombuis en die hoofslaapkamer.
Daar is lieflike braaigeriewe.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel in 'n toesluitmotorhuis en onderdakparkeerplek waar daar 3 ekstra voertuie kan parkeer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Nelius Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink BayDream Family Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Outeniqua Strand Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang