BayDream Family Holiday Home
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
BayDream Family Holiday Home is in Outeniqua Strand naby Groot-Brakrivier en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende. Dit is 4 kilometer gelee vanaf winkels, restaurante, aktiwiteite en trekpleisters. Die eiendom is 160 meter van die strand wanneer 'n mens op die patio staan.
Die vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, en 'n wasbak, en 'n deur wat lei na die stoep. Die tweede badkamer het 'n stort, hoekbad, en 'n wasbak, asook 'n aparte toilet met 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gas- en elektriese stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kamers en sitkamer is toegerus met dakwaaiers.
Die sitarea het rusbanke en 'n TV met Openview. Daar is 'n DStv-konneksie indien gaste hul eie dekodeerder saambring. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en daar is onbeperkte WiFi.
Die verblyf spog met 'n see-uitsig (160 meter gelee vanaf die eiendom) vanaf die sitkamer, patio, kombuis en die hoofslaapkamer.
Daar is 'n Weber braai op die patio.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel in 'n toesluitmotorhuis en onderdakparkeerplek waar daar 3 ekstra voertuie kan parkeer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nelius Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink BayDream Family Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Outeniqua Strand Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Berglandstraat 9, Outeniqua Strand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang