Baie dankie vir jul positiewe terugvoer, Desa. Soos ek oor julle geskryf het, was dit vir my baie lekker om julle as gaste te kon verwelkom. Julle is ook "amazing" mense.
Vergun my egter die geleentheid om terugvoer te lewer oor jul punte van ontevredenheid, omdat ek nie enige vorm van miskommunikasie wil deurlaat nie.
Die woonstel is ingerig vir net 4 persone. Derhalwe is daar net genoeg kombuisware vir 4 gaste. Ek vra die hele tyd (terwyl gaste daar is) wat ek kan doen, of bring om hul verblyf aangenaam te maak. Ongelukkig wag almal tot by die resensietyd om hul griewe te lig, eerder as om reguit te vra terwyl hul daar is. Ek sou met liefde nog goedere aangevul het, as mense net vra. Onthou, daar is 'n rede hoekom daar net 4 van alles is.
Regstelling: Daar is 4 rooiwyn glase, 4 vonkelwyn of witwyn glase, 6 koeldrank glase en 4 vrugtesap-glase.
Daar is 'n "jug" om water in die ketel in te gooi, omdat die ketel nie kabelloos is nie. Reg langs die ketel is daar 'n kombuis eiland van 2 meter x 1 meter. So ek glo dit is genoeg werkspasie?
Ek het, op versoek van 'n gas, spesiaal 'n "Airfryer" gaan koop, asook 'n sonsambreel en 2 x opvoustoele - net omdat hul daarvoor gevra het.
So, ek is regtig jammer oor die irritasies in die woonstel - jammer dat ek nou eers daarvan uitvind, en dit op die manier.
Dankie dat julle gekom het. Onthou net om te praat as iets nie na jul wense is nie. Dit is nie nodig om tydens die verblyf enigsins ongerief te verduur nie.
Dankie dat julle amazing mense is.