Cabin16 @Riviera Wharf
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cabin16 @Riviera Wharf is 'n 1-slaapkamer selfsorg-eenheid op die grondvloer geleë op die Riviera Wharf Hotel Hartenbos wat op die oewer van die Hartenbosrivier lê. Kragonderbrekings raak nie die eiendom nie aangesien daar 'n kragopwekker is wat outomaties loop gedurende hierdie tydperke. Die ATKV-amfiteater is ook naby geleë.
Dié moderne woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel met baie kasspasie vir bagasie. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar.
Daar is 'n lugversorger in die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis het 'n stoof, ooghoogte-oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het die gebruik van 'n wasmasjien, tuimeldroër, ontbythoekie en eetkamergeriewe om maaltye te geniet.
Van die kombuis af lei 'n sitarea met 'n gemaklike L-vormige rusbank asook 'n dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste. Ander geriewe sluit 'n breëskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale en gratis WiFi in. Die Wi-Fi werk nie tydens beurtkrag nie, maar die ligte, geiser en TV bly aan.
Die stoep het sitplek buite waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet, en dit lei na ingeboude braaigeriewe waar gaste kan ontspan. Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel. Die restaurant en kroeg in die hotel het heerlike etes as gaste vir 'n verandering uit die kombuis wil klim.
Veilige en gratis onderdakparkeerplek met skadunette is op die perseel beskikbaar.
Pret op die strand is binne 300 meter se stap vanaf die eenheid. Die waterpark en pretparke is ook 'n kort stapafstand daarvandaan.
Neem asseblief kennis dat die WiFi en elektrisiteit wat per dag voorsien word, meer as genoeg is vir normale daaglikse gebruik. Dit is egter beperk en as gaste meer as die hoeveelheid benodig, kan dit maklik self gelaai word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Derick & Renate Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Cabin16 @Riviera Wharf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang