Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Cabin16 @Riviera Wharf

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cabin16 @Riviera Wharf is 'n 1-slaapkamer selfsorg-eenheid op die grondvloer geleë op die Riviera Wharf Hotel Hartenbos wat op die oewer van die Hartenbosrivier lê. Kragonderbrekings raak nie die eiendom nie aangesien daar 'n kragopwekker is wat gedurende hierdie tydperke sal loop. Die ATKV-amfiteater is ook naby geleë.

Dié moderne woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel met baie kasspasie vir bagasie. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar.

Daar is 'n lugversorger in die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis het 'n stoof, ooghoogte oond, yskas-vrieskas, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het die gebruik van 'n wasmasjien, tuimeldroër, ontbythoekie en eetkamergeriewe om maaltye te geniet.

Van die kombuis af lei 'n sitarea met 'n gemaklike L-vormige rusbank asook 'n dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste. Ander geriewe sluit 'n breëskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale en gratis WiFi in.

Die stoep het sitplek buite waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet, en dit lei na ingeboude braaigeriewe waar gaste kan ontspan. Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel. Die restaurant en kroeg in die hotel het heerlike etes as gaste vir 'n verandering uit die kombuis wil klim.

Veilige en gratis onderdakparkeerplek met skadunette is op die perseel beskikbaar.

Pret op die strand is binne 300 meter se stap vanaf die eenheid. Die waterpark en pretparke is ook 'n kort stapafstand daarvandaan.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gerda V
Gesin met tieners
5.0
Asemrowend, rustig. Was heeltyd met haar in verbinding soos ons op pad was en terug. Plekkie is pragtig en alles wat mens nodig het. Buite by swembad ...
Sien meer
Mrt 2025
Dirk U
Saam met lewensmaat
5.0
Cabin 16 is super star status. Ons het baie lekker gebly by Cabin 16. Alles en nog meer was daar gewees. Cabin 16 is 'n juweel van 'n plek om in te bl...
Sien meer
Nov 2024
Susette L
5.0
Was heerlik gewees! Eenheid is baie goed toegerus. Pragtige dekor. Baie lekker opset omdat gaste hotel se swembad en restaurant kan gebruik met heerli...
Sien meer
Feb 2024
Paul S
Gesin met klein kinders
4.8
Baie goeie waarde vir geld. Baie lekker gebly. Skoon en netjies. Uitsonderlike ligging.
Des 2024
George G
Saam met lewensmaat
3.6
Nie te sleg nie maar sal nie weer daar bly nie. Woonstel was donker en geen uitsig nie. Was wel netjies en skoon maar nie wat ons verwag het langs 'n ...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Derick & Renate Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cabin16 @Riviera Wharf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbd43b9dda899d35582637028a9c7efc41a86f46eec9348b21d01005aabb1eb6b0bb7a6bb5ca643af638b8933039cea4d9700?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 25 5 1 5 133 Port Natal Road Riviera Wharf 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1183929 22.1181716

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011