Cathkin
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cathkin is op die veilige eko-landgoed en wildreservaat Cathkin Estate in Sentraal-Drakensberg. Hier kan dag- en nagdiere wat vrylik rondloop besigtig word, en die verblyf is omring deur skouspelagtige natuurskoon en berguitsigte.
Dié huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n aparte toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir kinders, terwyl die tweede slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Die 2 badkamers het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Handdoeke en beddegoed word voorsien.
Die oopplan-kombuis lei na die leefarea en is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, kaggel, TV en gemaklike sitplek.
Dié huis spog met 'n privaat tuin met asemrowende uitsigte op die Drakensberge. Gaste kan ook voetslaan-, draf- en bergfietsryroetes geniet. Daar is ook 'n forelvisdam. Gratis WiFi, veilige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang