Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Caulfield Crescent Self-Catering Apartments

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 14 Des 2024 tot 4 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caulfield-singel 19, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 000 R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Caulfield Crescent Self-Catering Apartments is in Summerstrand, 'n bekoorlike en sentrale voorstad van Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Dit is lekker naby 'n rits strande, die Boardwalk Kasino-kompleks, winkelsentrums, gholfbane, 'n oseanarium, NMMU Universiteit en die lughawe, en dus 'n gewilde keuse vir vakansiegangers. Verblyf word in 2 woonstelle wat uniek versier is aangebied.

All Aboard het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met DStv en Netflix. Gratis WiFi word voorsien. 'n Groot privaat stoep met braaigeriewe is beskikbaar.

Die ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n kombuisie en 'n sitarea gekombineer is. Die eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n platskerm-TV teen die muur in die slaapkamer.

Die perseel het 'n sekuriteitstelsel en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eenhede word Maandae tot Vrydae skoongemaak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 2

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Caulfield-singel 19, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R 2 000 R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 000
R 2 000 R 1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caulfield-singel 19, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e14b25f6522635fdefb591e686f3dd9be280fb6ea3d28751fc52bbd477dd4b64909726a6f1f4557794fb71ea3a5bf6fbd84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 19 Caulfield Crescent Summerstrand 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9856641 25.6465058

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang