Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coral Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooinooientjielaan 11, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Coral Cottage is in die bekoorlike kusdorpie Struisbaai geleë en bied selfsorgverblyf vir 4 mense.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en eetarea, en 'n sitkamer wat op 'n stoep oopmaak. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van die aparte badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe, en gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Gaste kan ontspan in die gemaklike sitkamer wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale, en die binnebraai-area gebruik. Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep wat oor die tuin uitkyk. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Die eiendom is verder toegerus met 'n omskakelaar en sonkrag wat die gevolge van beurtkrag versag.

Coral Cottage is 750 m van die strand af geleë. Struisbaai bied verskeie doendinge soos visvang, kajakvaart, branderplankry, en vlieërbranderry, besigtiging van die rogge in die hawe, en walviskyk tussen Julie en Augustus.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Annelie B
Saam met vriende
5.0
Was net amazing. Home from home. Sal enige tyd weer daar bly. Lizette is 'n ongelooflike gasvrou. Niks nodig, volledig toegerus met alles.
Jan 2024
Joy C
Saam met vriende
5.0
We loved it! Coral Cottage is beautiful, neat and cosy. It's in a class of its own with all the 'bells and whistles'. We'll definitely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023
Christelle K
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier. Coral Cottage het alles byderhand.
Okt 2023
Hanlie R
Gesin met tieners
5.0
Pragtige en netjiese woning. Ons was baie tevrede met ons verblyf. Die huis is goed toegerus en ons het die toegeboude stoep baie geniet! Ons sal besl...
Sien meer
Sep 2023
Marita J
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste blyplek! Baie netjies en goed toegerus en die sonkragstelsel is natuurlik 'n wenner! Ons sal definitief weer hier bly wanneer ons in die area ...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Mooinooientjielaan 11, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Coral Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooinooientjielaan 11, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd616578fcf64c283d4816366a2e79828384e4111196e3dd758367495f85e2104f454aa6e6f253b19a3b18b77243fb8ff8c15?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 11 Mooinooientjie Avenue Struisbaai 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8067071 20.052402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang