Dana View
Beskrywing
Dana View Studio Apartment is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n privaat ingang en veilige parkeerplek op die eienaar se perseel in Danabaai, Mosselbaai. Dit is ideaal vir sakereisigers, paartjies en gaste wat oornagverblyf soek. Die oopplan-area het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi. Braaigeriewe met 'n pragtige see-uitsig is beskikbaar. Danabaai bied aktiwiteite soos stap, voetslaan en watersport en daar is verskeie diere, voëls, fynbos en wildritte.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Die volledige bedrag moet voor aankoms betaal word.
Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke, asook toiletware saambring.
Gaste moet asb. die bure respekteer.
Kansellasiebeleid - Gaaf
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Dana View Gesinshuis is 'n bekoorlike tweeslaapkamerhuis in Danabaai sowat 1 km vanaf die strande en is perfek vir gaste wat lief is vir visvang en op soek is na 'n seevakansie. Die huis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring. Die huis het 'n lieflike sitarea met gemaklike rusbanke en 'n etenstafel met stoele. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Stoep met braaigeriewe, stoepmeubels en pragtige uitsigte oor die see is beskikbaar. Die tuin is baie privaat en is troeteldiervriendelik as dit met die eienaar gereël word. Die ongelooflike see-uitsig maak dit die perfekte vakansiebestemming.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Vermaak
Prys sluit in
Rates are displayed on a self-catering basis.
Huisreëls
Die volledige bedrag moet voor aankoms betaal word.
Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke, asook toiletware saambring.
Gaste moet asb. die bure respekteer.
Kansellasiebeleid - Gaaf
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang