Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dankbaar

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View 26A, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dankbaar is in Struisbaai geleë. Dis naby die hawe, strand en winkels.

Verblyf word gebied in die hoofhuis en woonstel wat apart of saam bespreek kan word.

Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 11 gaste. Die oopplan-leefarea bied 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n ketel. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n ingeboude braai. Die leefarea beskik ook oor 'n kroeg-area met 'n yskas-vrieskas. Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en 'n lieflike uitsig oor die see.

Die woonstel is onder die hoofhuis en beskik weer oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste kamer het 'n dubbelbed met 'n bababed, en die tweede kamer het 2 stapelbeddens. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke, TV en 'n etenstafel. Die woonstel lei na 'n stoep met sitplek en 'n draagbare braai. Die ingang, en stoep is heeltemal privaat van Dankbaar Huis.

Struisbaai het 'n pragtige strand wat oor 14 km vanaf Struisbaai tot by Arniston strek. Die strand is ideaal vir watersport, soos kajakvaar, bootvaarte, branderplankry, lyfplankry, visvang en vlieërbranderry. Jy kan ook op die strand wandel en walviskyk. Wees op die uitkyk vir die pragtige pylsterte wat in die vlak water woon en waarvan sommige tot 2 m lank is.

Dít is wat jy hier sal kry

Straatparkeerplek
Skoonmaakdiens

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marko P
Gesin met klein kinders
5.0
Perfekte wegbreek. Naby die see, met 'n mooi see uitsig. Alles wat mens nodig het.
Sep 2024
Suzanne D
4.8
Perfekte huis vir groot groepe! Ons het 'n fantastiese familie naweek gehad - 10 groot mense en 9 kinders van 6-17 jr oud. Bitter lekker leefarea in h...
Sien meer
Aug 2024
Nicole D
Gesin met klein kinders
4.8
Mooi, prakties en vreedsaam. Heerlik vakansie gehou!
Des 2023
Gerhard K
Gesin met tieners
4.6
Lekker plekkie naby die see. Ons het lekker gebly tussen Struisbaai en Agulhas.
Sep 2024
Linda D
4.6
Lieflike see uitsig onstspannende wegbreek. Dankbaar is die perfekte wegbreek vir 'n groot groep mense. Ons het heerlik gekuier en die tafeltennis en ...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Truëtte Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Ocean View 26A, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dankbaar het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View 26A, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgm5i6l2n0vR5oTalOy5oHYtETrKM0RpPDX1OHTUxZGZ0NOX5Ei?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 26 A Ocean View Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.80947 20.05452

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang