Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Danke Schön Guest House & Caravan Park

  • Kapasiteit: 45 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 61, Winburg, 9420, Vrystaat
  • Vanaf R350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Danke Schön Guest House & Caravan Park bied verblyf in Winburg waar die N5 en N1 kruis.

Gaste kan een van die eenhede of 'n karavaanstaanplek bespreek. Elk van die eenhede het 'n privaat ingang en slaapplek vir tussen 2 en 5 gaste. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort, daar is geen baddens nie. Die eenhede het elk 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, 'n stoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n sitarea met 'n TV. Ontbyt bestaan uit beskuit, ontbytgraan, melk, koffie en tee. Gaste moet dit net self voorberei. 'n Lapa met braaigeriewe is ook beskikbaar.

Gaste kan ook 'n karavaanstaanpplek in die klein karavaanpark bespreek. Elk van die staanplekke het 'n sleutel vir die badkamers met storte. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Boorgatwater in krane word ook
as drinkwater gebruik.

Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n heining en voertuie met sleepwaens moet in die karavaanpark parkeer. Die ontvangs is net 100 m van die gastehuis af. Daar is ook parkeerplek vir groot vragmotors sonder sleepwaens.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
John A
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en gerieflik. Lekker ruim met aparte badkamer. Goed toegeruste kombuisarea. Skoon, netjies en gerieflik. By hoofpad geleë. Veilig en ook v...
Sien meer
Nov 2024
Lindi T
Gesin met tieners
5.0
Sal definitief weer gaan. Baie lekker gekuier, als was 100% reg, amazing gasheer en plekkie.
Okt 2024
Lindi T
Gesin met tieners
5.0
Die is die beste diens ooit gegee. Ek bly oor die algemeen by gastehuise en hotelle, maar die is die beste diens ooit gewees. Gevoel soos my eie huis,...
Sien meer
Sep 2024
Miguel M
5.0
Danke schon is value for money, and the hosts are very welcoming. We had a lovely stay at Pieter cottages. He and his wife were very we...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Carin E
Besigheidsreis
5.0
Altyd lekker om daar oor te slaap. Baie behulpsame en vriendelike eienaar. Iemand wat die ekstra myl stap vir gaste. Dit is al my tweede keer wat ek d...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 61, Winburg, 9420, Vrystaat
  • Gaste dink Danke Schön Guest House & Caravan Park het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Winburg Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 61, Winburg, 9420, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2417af942616ffd55c9ce1a80e1eb162bb4b4cdc12765287ff58ac14bac7f137d94e9ed56faee70761e997373fa626693d75?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag, vir 2 mense 50 5 1 4 61 Voortrekker Street Winburg 9420 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.516839 27.010578

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang