Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Branders Woonstel No 58

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Paardekraal-laan, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

De Branders Woonstel No 58 is 'n ruim strandfrontwoonstel vir tot 5 mense, en het 'n lieflike 180-grade-uitsig oor die see.

Die dubbelverdiepingwoonstel is op die derde verdieping geleë en kan met trappe en 'n hysbak bereik word. Die hoofslaapkamer loop uit op 'n stoep met 'n see-uitsig, is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet.

Die tweede slaapkamer is ingerig met 3 enkelbeddens en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n stort, 'n bad en 'n toilet. Een stel beddegoed en 'n gastehanddoek word voorsien; gaste moet asseblief hul eie strand en badhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook die nodige kooktoebehore. 'n Skottelgoedwasser, sowel as 'n tuimeldroër, is ook beskikbaar vir gebruik.

Die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv, en die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area en lieflike see-uitsigte.

Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad vir kinders en volwassenes, asook wasgoedgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs. Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, asook parkeerplek vir 'n sleepwa, is beskikbaar. Die kompleks het ook 24-uur-sekuriteit en toegangsbeheer. Geen matriek- of studentebesprekings word aanvaar nie, en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

De Branders Woonstel No 58 is 500 m vanaf die Hartenbos Seefront en Pretpark geleë, en 600 m vanaf die ATKV-amfiteater.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sanette S
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik, ons gaan beslis terug. Wonderlike week gewees saam met my familie!
Sep 2024
Ane N
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend en sal definitief weer boek! Dit was bitter netjies, skoon en ons het die mooiste uitsig op die see gehad. Lekker stapafstand vanaf die win...
Sien meer
Sep 2024
Marina N
Gesin met tieners
5.0
Bespreek gerus - dis 'n fantastiese woonstel. Dit was weereens heerlik, netjies, baie goed uitgerus en die kommunikasie met die eienaar is puik. Ek be...
Sien meer
Sep 2024
Erika P
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gekuier, alles wat jy nodig het en meer! Het baie lekker gebly, het alles voorsien wat jy mag nodig kry. Luuks en baie netjies.
Aug 2024
Juan-pierre J
Saam met lewensmaat
5.0
Beste plek om jou batterye te herlaai! Verbaas met hoe netjies en skoon die woonstel was. Alles waaraan jy kan dink, beskik die eenheid. Beslis on ver...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Langs Paardekraal-laan, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Branders Woonstel No 58 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Paardekraal-laan, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf473f253253cf5dcf81df1ab0a62aa67433c8b642907020962ce6f67ba49b9bcc64f5c31142a17a5d50fd65342dd71dd1659?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 5) 48 5 1 5 Off Paardekraal Avenue De Branders Woonstel 58 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123693460313 22.11965739727

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang