De Hollandsche Molen
- Kapasiteit: 65 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Wemmershoekpad, Langs die R301, Wemmershoek, 7691, Wes-Kaap
- Vanaf R1 975 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
De Hollandsche Molen is 'n gesellige oord wat in Wemmershoek geleë is en omring is deur majestueuse berge en pragtige wingerde. Dit is die ideale plek om die Kaapse Wynlande te verken, vir 'n somervakansie of om sommer net te ontspan
De Hollandsche Molen bied verblyf in selfsorg-chalets wat elk slaapplek vir tot 6 gaste het, insluitend kinders. Elke chalet beskik oor 2 slaapkamers en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en oond en basiese toebehore. Elke chalet het ook 'n patio met ingeboude braaigeriewe en sitplek buite. DStv (Gastehuispakket) is beskikbaar in al die chalets. Veilige onderdakparkeerplek is ook beskikbaar.
Die oord het 'n kafee met 'n OTM en kitskos, en 'n kroeg wat ligte maaltye bedien met 'n platskerm-TV vir spesiale geleenthede soos rugbywedstryde. Daar is ook 'n Olimpiese grootte-swembad, 'n kinderswembad, 'n baba-swembadjie, speelpark vir kinders met 'n trampolien en 'n konferensie- en funksielokaal vir tot 350 afgevaardiges. 'n Stil rivier vloei deur die park waar gaste lekker kan ontspan en die middagsonnetjie kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Wemmershoekpad, Langs die R301, Wemmershoek, 7691, Wes-Kaap
- Gaste dink De Hollandsche Molen het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 65 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Wemmershoekpad, Langs die R301, Wemmershoek, 7691, Wes-Kaap