Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DeVosRus Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

DeVosRus Gastehuis is in 'n woonbuurt in Kathu in die Noord-Kaap. Daar is geen beurtkrag by Devosrus Gastehuis nie. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of as 'n oornagstop vir diegene wat na Namibië, Botswana. Kgalagadi of Augrabies reis.

Verblyf is beskikbaar in 6 selfsorg-kamers en 3 van die kamers het elk 'n dubbelbed en die ander 3 kamers het elk 'n dubbel- en driekwartbed. Sommige kamers het 'n 70" slim-TV en gaste kan hul eie besonderhede gebruik om Netflix of Showmax te kyk. Al die kamers het en-suite badkamers wat 'n instapstort, toilet en 'n wasbak het. Verder is daar lugversorging, gratis onbeperkte WiFi (met ekstra versenders) en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Daar is 'n groot yskas, mikrogolfoond, tafels en stoele in elke kamer. Elke kamer kamer het sy eie geiser sowel as 'n waterversagter.

Parkeerplek word voor die kamers voorsien en daar is geslotekring-televisiekameras op en buite rondom die perseel. Die parkeerplek kan nie van die straat af gesien word nie.

Daar is 'n 11 m lange swembad en 'n 80 000 liter-khoidam.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Corrie P
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer terugkeer na DeVosRus. Lekker geslaap by DeVosRus Gastehuis. Baie netjies en 'n lekker ruim kamer.
Aug 2024
Rakesh M
5.0
Wow. It was really great. The hosts were fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Chonelle S
Besigheidsreis
5.0
Our stay was quite pleasant and comfortable. The host definitely spoiled us. Comfortable and safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Hendrik D
Besigheidsreis
5.0
Uitmuntende kuier, dit was so 'n groot plesier, puik diens. Die beste akkommodasie waarin ek nog gebly het, ongelooflik gasvry en vriendelik, uiters p...
Sien meer
Jun 2024
Danie B
5.0
Net fantasties, absoluut die moeite werd. Wonderlike gastehuis met wonderlike mense.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Arista Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink DeVosRus Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA32c10773afa2394073a9758cc09d1be7bc7a8df9aba4d1858fd01986ae716f72ccd56dd02a627c3ca25eacf2249682cfb51b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 14 Stinkhout Street Kathu 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -27.687808553467 23.044001475009

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang