Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Herehuis

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Herehuis is in die laat 1800's gebou deur Heer Kieser van Engeland en is twee strate vanaf die besige N1, in die stil dorp, Beaufort-Wes geleë. Dié gastehuis is ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad of George en het 'n romantiese en unieke styl in die hartjie van die Groot-Karoo.

Verblyf beskik oor 17 luukse eenhede, waarvan 6 opgeknapte en uniek versierde perdestalle is. Elke eenheid het katoenlinne, anti-allergeniese duvets en kussings, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi, insekweerder, haardroër, seep, sneesdoekies, lugversorging en warm komberse.

Langsaan die swembad is daar 'n tuin waar kinders kan rond baljaar en 'n groot onderdakbraai-area met 'n kombuisie. Karoo-lambraaipakke is beskikbaar, mits vooraf reëlings getref is. Daar is 'n heerlike sondak-eetkamer wat Maandae tot Saterdae oop is vir ontbyt en aandete, en is bekend vir smaaklike Karoodisse en ontbyt. Bespreek asb. voor aankoms.

Die Herehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke en daar is geslotekringtelevisie. Daar word Engels en Afrikaans by die gastehuis gepraat. Rook word in die tuin en op privaat stoepe toegelaat.

Die gastehuis is net 6 km vanaf die Karoo Nasionale Park met 'n lieflike uitsig-roete en meer as 6 000 fauna- en floraspesies. Die park bied ook 'n tuiste aan 5 skilpadspesies - die meeste in enige bewarea ter wêreld. Die park het ook uitdagende 4x4-roetes in die berge, asook fietsry-, voetslaan- en fossielroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 459 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Madelein E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker oornag. Skoon en gerieflike oornagkamers.
Des 2024
Carina J
Saam met lewensmaat
5.0
Great visit. It was a quick overnight stay, but we enjoyed the visit. It was definitely a bonus that they are pet friendly. We will def...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Zanel J
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, mooi, ontspanne. Ons oorslaap by die Herehuis was heerlik en perfek vir 'n oornag tussen Gauteng en Sedgefield. Ons kinders van 2 en 3 het die...
Sien meer
Des 2024
Liesel V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf. Baie dankie. Ons het baie lekker en gemaklik gebly by die Herehuis. Altyd net 'n plesier.
Des 2024
Stephen W
5.0
N Ware lafenis en oase ná die lang reis. Dit is 'n baie skoon, veilige plek vir iemand wat 'n oornag wil hê tussen twee lang ritte. Ek kon ook my hond...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ralph Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 459

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Herehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxZjVhMGZjLWZiMGYtNDQ2Ni05NmFkLWY4OWJlYjM2MjA5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 459 5 1 5 15 De Villiers street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352338068822 22.586047947407

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang