Dolphin Villa
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Vanaf R4 100 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Dolphin Villa is in die mooi dorpie, Blue Horizon Bay, halfpad tussen Gqeberha (Port Elizabeth) en Jeffreysbaai geleë en bied 'n uitsig oor die strand en die see.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 12 gaste en is ideaal vir 'n familie of 'n groot groep vriende. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, opwasarea en 'n oopplan-leefarea.
Daar is 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak op die grondverdieping. Die tweede slaapkamer op hierdie verdieping het 6 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.
Die ander slaapkamers, kombuis en sitarea is almal op die eerste verdieping. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. 'n Gastetoilet is op die eerste verdieping beskikbaar. Al die slaapkamers het lekker baie pakplek wat die huis ideaal maak vir langer verblyf.
Die aparte kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwasarea het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel met sitplek vir 7 gaste geniet en in die sitarea of by die kroeg ontspan. Daar is ook 2 slaapbanke in die leefarea.
Daar is 'n binnebraai en 'n buitebraai op die groot stoep met 'n uitsig oor die see. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.
Dolphin Villa is net 300 m van die strand en 650 m van 'n koffiewinkels en restaurante. Dit is in 'n natuurreservaat en gaste sien gereeld bosbokkies en ander kleinwild en walvisse kan in seisoentyd gewaar word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
6 x Kinderbed vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Dubbelslaapbank
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 33
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Dolphin Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Blue Horizon Bay Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 6, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang