Eden Safari Country House
-
Kapasiteit: 12 persone
8 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 12)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Eden Safari Country House is in Marlothpark geleë, in 'n Afrika-bosveld wat 4000 hektaar groot is. Die reservaat is langs die wêreldbekende Krugerwildtuin.
Hierdie huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer emt 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde badkamer het elk 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Al die kamers het toegang tot die stoep. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.
Dit sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, satelliet-kanale en 'n DVD-speler. Daar is ook 'n uitstekende biblioteek waar gaste lekker kan ontspan.
Daar is 'n plonspoel en buitebraaigeriewe.
Daar is 'n lekker hoë uitkykdek waar gaste die diere in area kan dophou. Die perseel het 24 uur-personeel. Daar is toesluitmotorhuise op die perseel.
Die watergat sal die diere tot op jou drumpel bring. Die sebras, kameelperde en 'n meerkat-familie kom gereeld vir ons kuier. Die voëllewe is ook asemrowend en voëlkyk-entoesiaste kan hul sommer van die balkon af waardeer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Rousseau Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 53
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Eden Safari Country House het ’n baie goeie ligging
-
Kapasiteit: 12 persone
8 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering: