Faworki
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3de Laan 8, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Faworki is 'n knus en vrolike dubbelverdieping-selfsorgkothuis sonder fieterjasies. Die kothuis is in Sandbaai in 'n groot en ingeslote tuin oorkant die groenstrook. Dit is net 200 m van die Sandbaai-kranspaadjie af en 5,5 km vanaf Hermanus se middedorp.
Faworki bied slaapplek aan 6 volwassenes en 1 kind en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, 'n tweede sitarea en 'n solderkamer bo.
Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak en 'n aangrensende leefarea. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelhemelbed en kasspasie. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet, wasbak en wasmasjien.
Die derde slaapkamer en derde badkamer is op die boonste verdieping. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n laaikas en daar is plek om klere op te hang in 'n kas in die gang. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die solder het 'n aparte, klein leefarea met plek om te werk en baie boeke. Daar is ook 'n enkelbed wat geskik is vir 'n kind. Die solder lei na 'n balkon.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, ketel, filterkoffiemasjien, broodrooster, eetgerei, breekware en kookgerei. Die eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele. Die sitarea het 2 rusbanke. Franse deure lei van die leefarea na die onderdakstoep waar daar 'n tafel en stoele vir 6 tot 8 gaste is. Daar is ook braaigeriewe en 'n tuin. Gaste kan onder die dubbelmotorafdak parkeer.
Die kothuis het diefwering en 'n alarmstelsel wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tracy Lee Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 3de Laan 8, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Faworki het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3de Laan 8, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang