Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Festina Lente in Onrus

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Helmie R
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Gesellig! Hoogs aan te bevele! Gesellige kuier saam met volwasse gesin en hul honde-kinders. Die gasvrou het die ekstra myl gestap om elke oomblik vir ons onvergeetlik te maak!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Helmie en familie, dit was so maklik en so lekker om jou en jou familie (ook die hondekinders) as gaste te hê. Ons sien uit daarna dat julle weer sal kies om in ons gemmerbroodhuisie te kom bly. Tot weersiens!

Chanel S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2022

Pragtige plek. Eienaars is baie vriendelik en doen baie moeite.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Chanel, dit was ons plesier om julle as gaste te ontvang en al het ons nie saam gekuier nie, sien ons uit na julle volgende besoek. Alles van die beste vorentoe.

Suretha R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2022

Lui lekker verblyf. Werklik die bes toegeruste selfsorg verblyf. Behalwe jou kos en strandhandoeke, hoef jy werklik niks saam te neem nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Suretha, baie dankie vir jou woorde van lof, ons waardeer dit baie. En net terloops, ons ondersoek die voor- en na-dele van strandhanddoeke, so wie weet, volgende keer hoef julle dalk net julle eie kos hoef te voorsien. Kom maak gerus gou weer 'n draai!

Helena R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2022

Heerlik gekuier in 'n oulike huis. Dit is 'n baie oulike huisie met al die nodige geriewe vir lekker ontspanningsnaweek. Ons is verwelkom met 'n boodskap op die tafel en oral was geskenkies. Alles was netjies en so kunstig. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Helena, ons tone krul van lekkerkry as ons hoor dat gaste hulle tydjie by Festina Lente in Onrus geniet. Dankie vir julle besoek, hoop om mekaar binnekort iewers raak te loop. Tot dan, mooi bly!

Annetjie J
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2022

Skoon, netjies, 'n fees vir die oog. 'n Gemmerhuis met alles wat jy nodig het en meer. Ons het heerlik gekuier. Dankie Lindie vir jou puik diens en vriendelikheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Dankie Annetjie en vriende, dis altyd 'n fees om gaste soos julle by Festina Lente In Onrus te onthaal. Ons hoop julle voete vind eendag weer hul pad terug na ons plekke. Tot dan, alles van die beste.

Fransonette S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2022

Heerlike rustige kuierplek. Dit is ;n heerlike huisie met alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Hallo Fransonette, ons is bly julle het lekker gebly en hoop julle sal gou weer kom kuier!

Liesbet K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mei 2022

Goeie blaaskans. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Baie dankie, Liesbet. Ons glo ook dis 'n ideale plek vir diep asem haal. Kom kuier gerus gou weer.

Lizette V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Des 2021

Heerlik en veilig en skoon. Genoeg spasie vir honde. Goeie kliëntediens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Dankie Nico, familie, en ook vierpotiges, Jou resensie sluit sleutelwoorde in wat ons van oor tot oor laat glimlag. Hoop julle almal kan eendag weer kom kuier.

Jana V
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2021

Heerlik rus in Onrus. Pragtige huis in ‘n stil area in Onrus, stapafstand van die strand. Positiewe punt is dat honde toegelaat word en die erf groot is vir kinders om in te speel, regtig waarde vir jou geld. Huis is skoon en goed toegerus met alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Dankie baie Jana, ek weet dis die tweede keer dat julle met kind- en hondefamilie kom kuier het en ons beskou dit as 'n groot kompliment. Ons hoop om julle almal binnekort en baiemale weer te sien.

Corné V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jul 2021

Ons kon net afskakel en batterye laai! Dit is 'n heerlike huis en elkeen kan homself geniet en ontspan.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Dankie vir jou resensie, Corné, dis beslis ook ons battery-laai plek! Ons hoop om julle en die hondjies weer in die toekoms te sien. Tot dan, alles van die beste!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 999
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R1 999
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kock-keeromstraat 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc2854981e1a53b23715bfdc073394dd99560653766cc5605a787c74b7021d26482ac043d5caba5c20adfc8db92fb470dc44?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 999 per nag, vir 6 mense 28 5 1 5 5 De Kock Close Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.411168487637 19.178685882278

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang