Hacklewood Hill Country House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 9
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prospect-weg 152, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 910R1 892 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hacklewood Hill Country House is in Gqeberha (Port Elizabeth) en spog met 'n tikkie geskiedenis en luuksheid in 'n statige herehuis wat al van 1898 af staan. Die indrukwekkende perseel is omhein met boomtoppe wat vervleg is om 'n digte, privaat oase te skep.
Daar is 3 ruim kamers met lugversorging en elkeen bied al die nodige moderne geriewe sonder om die elegante Victoriaanse elemente prys te gee. Elke slaapkamer lei na 'n privaat stoep wat 'n uitsig oor die welige tuin bied. Die elegante, Victoriaanse era word weerspieël in die groot en suite-badkamers met baddens, aparte storte, verhitte handdoekrelings, Terry Towel-badjaponne en kerse - elke romantikus se droom.
Geniet die privaatheid en gerief van die luukse eenhede en word wakker met 'n suikerbekkie wat langs jou venster fladder en die reuk van varsgebakte muffins. Hacklewood Hill se bekroonde restaurant is 'n ware fynproewersgeleentheid. Klassieke disse word beklemtoon met moderne elemente en word keurig voorgesit. Die diens is ook puik. Geniet jou tee, skemerkelkie of mengeldrankie in die sitkamer of kuier in die restaurant, op die stoep of in die sigaarkamer. Daar is ook 'n wynkelder wat spog met 'n outentieke versameling Suid-Afrikaanse wyne van uitstaande gehalte. Gaste kan in die soutwaterswembad afkoel, in die privaat sitarea ontspan en op die tennisbane baljaar.
Die restaurant bied 'n kombinasie van heerlike cordon bleu-maaltye, wit linne, kristalglase en silwerware en 'n indrukwekkende versameling "vintage"-wyne.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
Aktiwiteite op perseel
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Liesl Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 22
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Prospect-weg 152, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Hacklewood Hill Country House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Walmer Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 9
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prospect-weg 152, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang