Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heidedal Selfsorg Gastehuis

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Vanaf R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Heidedal Selfsorg Gastehuis is op 'n plaas 27 km buite Porterville geleë in die Groot Winterhoek berge en is deel van die bewaar-area naby die Groot Winterhoek Natuurreservaat. Die naaste dorpe is Tulbagh (75 km), Piketberg (53 km) en Citrusdal (75 km).

Verblyf word gebied in die Grasdak Plaashuis, 'n groot gerieflike huis met slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die slaapkamers het koninggrootte-beddens en daar is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Die badkamers het stortgeriewe.

Daar is ’n goed toegeruste kombuis met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond en ketel. Gaste het toegang tot 'n oopplan-eetarea en die sitarea het 'n kaggel vir daardie koue wintersaande se kuiers. Daar is ook 'n stoep met sitplek, eet- en braai-area, asook 'n uitsig oot die tuin en op die berge.

Verblyf word ook gebied in die Stalle met basiese selfsorggeriewe en beskik oor 2 slaapkamers elk met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid kan in totaal 4 volwassenes of 2 volwassens en 3 kinders akkommodeer. Die kombuis is met, onder andere, ’n stoof, yskas, breekware en ketel toegerus en sluit aan by die sit- en eetarea. Al die vertrekke het 'n deur wat lei na die stoep wat tafel, stoele en braaigeriewe het. Die Stalle het ook ’n fantastiese uitsig op die berge wat vir seker bydra tot die rustigheid.
`
Die Fauna en Flora is onder andere klipspringers, duikers en vaal ribbokke, bobbejane, rooikatte, muskeljaatkatte, wildekatte en luiperds en n magdom voels. Die Kaapse fynbos in die omgewing is ryk aan verskeie spesies.

Vir die stappers is daar 'n hele paar voetslaanpaaie in die Groot Winterhoek Berge en navraag in dié verband kan by Cape Nature gedoen word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Bianca P
Saam met vriende
5.0
Die beste. Vandat jy begin ry deur die pas, is dit net wonderlik. Dit voel soos 'n ander wêreld. Die plaas is pragtig en die huis voel soos om mens te...
Sien meer
Aug 2024
Jo S
5.0
A real gem in beautiful surroundings. Wow. What a find! An exquisite location in the mountains, magnificent views (even from the shower...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Johan S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker stil en rustig. Ons het gestap en voëls gekyk en sommer net ge-is! Baie goed toegeruste kombuis, met potte en panne in 'n baie goeie toestand. ...
Sien meer
Mei 2024
Ania K
Saam met vriende
5.0
Peaceful and serene gateway. Our experience at Heidedal Selfsorg Gastehuis was fantastic, from seamless booking, great communication wi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2023
Hermanus G
Saam met vriende
4.8
Die stilte en omgewing baie geniet. Ons het die verblyf baie geniet en alles was skoon en netjies binne die huis. Baie dankie vir dinge soos 'n skotte...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Heidedal Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXSDYAQR7UyEcXgtZ3695HpMqhsGYB0NWYw0LLGl1mhQnlEQBIV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 Heidedal Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.940592374564 19.071935927863

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang