Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Heights Villa

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hermanus Heights Villa is 'n selfsorghuis wat slaapplek aan 2 tot 8 gaste in 'n luukse deel van Hermanus bied. Die kamers en sitkamer het elk 'n pragtige uitsig oor Walkerbaai. Daar is 2 eenhede waarvan 1 op die boonste en die ander op die onderste verdieping is. Dit kan saam vir 'n groot gesin of groep bespreek word.

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers en 2 badkamers, elk met 'n Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié verdieping is rolstoelvriendelik. Een van die badkamers het 'n inry-stort (sonder 'n drumpel) met handrelings waaraan jy kan vashou. Daar is geen trappies nie en oorgenoeg ruimte om 'n rolstoel deur die gebou te beweeg.

Die onderste verdieping beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en die tweede het 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas en 'n gasstoof met 'n oond, mikrogolf en skottelgoedwasser.

Die huis is op een van die hoogste erwe geleë, teenaan die Raed-na-Gael-berg en dit bied 'n ongelooflike uitsig oor Walkerbaai. Jy kan van die huis af walvisse kyk gedurende die walvisseisoen. Daar is kuspaadjies wat jy kan stap, jy kan die Fernkloof Natuurreservaat besoek en die Hemel en Aarde-vallei is ook naby. Verder is daar wonderlike kos- en kunsvlytmarkies, feeste en 'n groot verskeidenheid restaurante en koffiewinkels.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hazel A
5.0
Pragtige panoramiese see uitsig uit 'n veilige en netjiese woning. Die woning was fantasties. Die ligging was besonders pragtig, die uitsig oor die se...
Sien meer
Mrt 2024
Neil D
Gesin met tieners
5.0
Very comfortable and spacious accommodation. Very relaxed and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Marsia R
5.0
Ruimte, stilte, veilig, uitsig, berg, netjies, rustigheid, kuierplek, gerieflik. Dit was 'n besondere paar dae in die verblyf. Presies soos op die fot...
Sien meer
Des 2023
Sandra B
Saam met lewensmaat
4.6
Heerlike kuier in baie goeie verblyf. Ons het baie lekker gebly. Lekker baie spasie om gemaklik saam te kuier. Die uitsig is pragtig. Naweek was net t...
Sien meer
Sep 2024
Claire J
4.4
Excellent place for a break away from the busy city. The location is perfect, with a beautiful scenic view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gillian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Heights Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzwdqFMyPVWNPgzzWQZjWYhdZu5GPUO3An6FhDcLohDLTmkqQ2F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 4) 40 5 1 5 37 Raed na Gael Hermanus Heights 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.401935525424 19.254946271164

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang