Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Jaimais le même

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 255, Cillie, 15 km vanaf Kakamas, 8870, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jamais le même bied verblyf in 2 aparte eenhede op 'n plaas, net 10 km vanaf Kakamas.

Verblyf word in 2 eenhede gebied, naamlik Jaimais le même wat 2 gaste kan akkommodeer, en Mai lo stesso wat 4 gaste kan akkommodeer. Jamais le même beskik oor 'n oopplan-slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, hand stort, wasbak en toilet. Let asb. op die bad se hoogte. Die kombuisie is met 'n tweeplaat-gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het 'n slim-TV met Netflix en Youtube asook gratis WiFi, maar geen DStv nie. Kinders en/of diere word nie in hierdie eenheid toegelaat nie.

Mai lo stesso is ideaal vir 'n gesin en beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en waaiers, en 'n slaapbank in die sitkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die oopplan-kombuis en -leefarea is met 'n yskas, gasstoof, waterverkoeler, slim-TV en WiFi toegerus, maar geen DStv nie. Die eenheid maak van sonkrag gebruik en het 'n omheinde erf. Kinders word in hierdie eenheid toegelaat. Diere word slegs toegelaat in hierdie eenheid indien daar vooraf gereël is en vir 'n ekstra fooi.

Gaste het toegang tot 'n plonspoel, 'n boma met sitplek en braaigeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Willie V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is weg van die hoofpad, stil en dus kon mens lekker slaap. Dit is ons tipe verblyf. Die binnedecor getuig van afronding en goeie smaak.
Mrt 2025
Leon N
Saam met lewensmaat
5.0
Lekke lekke stil plekkie. 100% geniet. Swembad was 'n lafenis met die "extreme" warm weer.
Mrt 2024
Elaine B
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful. We had a wonderful time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Ian R
4.8
Beautiful. Pleasant, peaceful, a touch of class.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Michele F
Saam met lewensmaat
4.2
Die dammetjie was baie verfrissend en die waterkoeler was effektief. Oulike plekkie, gasvrou was baie behulpsaam.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gwen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Plot 255, Cillie, 15 km vanaf Kakamas, 8870, Noord-Kaap
  • Gaste dink Jaimais le même het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groen Kalahari Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 255, Cillie, 15 km vanaf Kakamas, 8870, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68d563d74929af03e7bfe4eaaf79ced0dde75919154ec3d1abb03188eb224c15eeb16f20fccf591dde46acf3b37d6632a0e6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 Lot 255 Cillie 8870 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.7410026434 20.577156399609

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011