Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knysna Family Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R16 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Knysna Family Home is 'n pragtige en ruim vakansiehuis wat in 'n stil area van Knysna geleë is. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende aangesien die eiendom met 'n verhitte soutwaterswembad, sowel as 'n houtvuurwarmbad spog.

Dié uitgestrekte eiendom bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers in die hoofhuis, sowel as 'n woonstelletjie. Die hoofslaapkamer in die huis het 'n koninggrootte-bed en 'n sitarea met 'n TV. Dit het ook 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel die ander 2 badkamers wat onderskeidelik 'n stort en 'n bad het. Die woonstelletjie beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n TV-kamer met 'n uittrekbank en 'n badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie en 'n yskassie toegerus is.

Die oopplan-leefarea in die hoofhuis het 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n eiland met stoele. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi is beskikbaar.

Beide die hoofleefarea en woonstelletjie lei na 'n stoep wat gedeeltelik onderdak is, met meubels, 'n tafel met stoele, Weber-braai, sowel as 'n ingeboude braai. Dié stoep lei na 'n lieflike kuierarea met 'n sonverhitte swembad, sonstoele, 'n kroeg en 'n sitarea wat perfek is vir skemerkelkies. Verder is daar 'n vuurput langs die swembad en 'n kinderspeelarea met 'n klimraam en 'n trampolien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Ligging

  • Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 16 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 16 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7d07f2085bc0a6ab57c5fb9d454083519f6592739eb275b98a3b47572125f1aeadbf0fc894f3e180903e5c727a09029cd9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R16 000 per nag (plek vir 12) 9 Kennet Street Knysna 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.061021228936 23.078235458266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang