Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knysna Family Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R16 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Knysna Family Home is 'n pragtige en ruim vakansiehuis wat ideaal geleë is in 'n stil area van Knysna. Dit is 'n ideale opsie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende aangesien die eiendom bederf met 'n verhitte soutwater-swembad sowel as 'n houtbrandbad.

Hierdie uitgestrekte eiendom kan altesaam 12 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers in die hoofhuis sowel as 'n woonstel. Die hoofslaapkamer in die huis is ingerig met 'n koninggrootte-bed en sluit 'n sitarea met 'n TV in. Dit beskik ook oor 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde het 'n driestapelbed en die vierde slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed. Hierdie 3 kamers deel die ander 2 badkamers wat onderskeidelik met 'n stort en 'n bad toegerus is. Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n koningingrootte-bed ingerig is, 'n TV-kamer met uittrekbank en 'n badkamer met 'n stort. Dit beskik ook oor 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond en 'n yskassie.

Die oopplan-leefarea van die hoofhuis beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in die opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n muurgemonteerde TV. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Beide die hoofleefarea van die huis en woonstel lei na 'n semi-onderdakstoep met buitemeubels, 'n tafel met stoele, 'n Weber-braai sowel as 'n ingeboude braai. Hierdie patio lei af na 'n lieflike vermaakarea met 'n sonverhitte swembad, sonstoele, 'n kroeg en 'n sitarea wat die perfekte plek is vir skemerkelkies in die aand. Ontspan langs die swembad om die vuurput met sitplek. Daarbenewens is daar 'n speelarea vir kinders wat 'n oerwoudgimnasium en 'n trampolien het.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xEnkelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xTripelstapelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Kroaties

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R16 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R16 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kennetstraat 9, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7d07f2085bc0a6ab57c5fb9d454083519f6592739eb275b98a3b47572125f1aeadbf0fc894f3e180903e5c727a09029cd9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R16 000 per nag (plek vir 12) 9 Kennet Street Knysna 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.061021228936 23.078235458266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang