Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kolobe Luxury Safari Tent

Wildsplaas

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Jacques C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Terselfde tyd rustig en opwindend. Heerlik gebly. Ons het reeds planne om terug te keer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Fantasties. Ons wag met graagte vir julle volgende besoek. Dankie

Jessica M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Enjoyable. It was quiet, private, relaxing, and very clean.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Appreciate your visit and feedback.

Christi Su M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Heerlik, baie mooi, baie diere. Ons het heerlik gebly, Henry en Naomi het seker gemaak ons het alles en is gemaklik. Die wild was fenomenaal, die tent is by 'n watergat en die hele dag kom die diere, ons het alles gesien: kameelperde, kudus, nyala, springbokke, rooibokke, elande, blouwildebeeste, goue blouwildebeeste, swartwitpens, blesbokke, skilpad, waterbokke, alles van die gemak van ons stoep af. Mens kan ook heerlik in die veld loop, ons sal definitief weer gaan kuier. Die tent is baie goed ingerig, en alle braai en kosmaak goed is daar. Was 'n heerlike naweek weg. Die naweek was te kort, dis al wat nie lekker was nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
From your feedback, it's obvious that you enjoyed! And that is what is important to us. What you described here is more or less what we try to achieve! We feel proud and happy, and please come back for more... it will only be a pleasure to see you again.

Martin G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Feb 2025

Baie rustig, pragtige uitsigte. Ons verwagtinge was ongelukkig bietjie hoër. Meeste mense sal hierdie plek geniet, ongelukkig nie ons nie. Die hot tub het nie gewerk nie, daar was geen behoorlike braai nie, baie vlieë, geen waaier of quad bikes soos op die webtuiste se webwerf aangedui.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Ongelukkig het ons gas 'n buitelewe kampplek gekies vir sy wegbreek plek van 'n hotel. Hy het wel die volgende oggend vertrek om by die casino se hotel in te boek omdat hy eintlik hotelverblyf hou. Paar onwaarhede in die terugvoering, want daar is 'n lieflike braaiplek op die houtdek gebou vir braai en ons voorsien lieflike bosveldhout ook gratis..... so, wat is dan 'n braaiplek? Eintlik was ons gas ongelukkig omdat ons nie 'n oond beskikbaar gehad het nie. Hoe hou enige mens vlieë uit die veld? Die hele natuur is vol vlieë na reëntyd. Hierdie fasiliteit is vir die natuurliefhebber, nie 'n hotel met aansit etes nie. Ons gas het erken dat hierdie nie sy voorkeurverblyf is nie, en hy nie behoorlik gelees het wat dit behels voordat hy bespreek het nie. Hy verkies hotelverblyf. Ons respekteer ons kliënt en is jammer dat kamp in die natuur nie u gunsteling is nie. Ons almal verskil.

Christine O
Kort verblyf
5.0
Nov 2024

It is an experience that everyone must see. The view and the variety of wildlife we saw was fantastic.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Thanks a lot. We are so pleased about your experience. Please join us again. Try the place in summertime, totally different.

Juan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Die definisie van rustigheid! Die bly was heerlik en die diens was puik. Ons het baie diere gereeld by die watergat gesien. Kolobe is werklik die definisie van rustigheid. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel wat 'n ordentlike wegbreek van die geraas van die dorp/stad nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Dankie Juan vir jou terugvoering. Ons neem terugvoering ernstig op. Ons sal julle graag weer wil sien. Ons het midweek specials ook vir as julle in midweek 'n draai wil kom maak? Voorspoed vir julle.

Ryan B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Paradise in the bush. This was a very private experience with an abundance of game to view with your morning coffee.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Thank you very much for your opinion and the good feedback. We appreciate your visit and look forward to the next one. Regards.

René S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Fenomenaal. Absolute wonderlikheid. Dit is net so 'n heel ander wereld. Ons het dit terdeë geniet. Werklik waar net die beste. Gaan net!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
As mens die natuur kan waardeer, dan sal jy waardeer wat ons hier probeer skep vir ons gaste. Jy is 'n gas wat dit kan waardeer. Baie dankie, dit inspireer ons om die natuur nader te bring, omdat mense soos jy dit opreg waardeer. Baie dankie vir jou mooi terugvoering. Kom kuier asb. weer by Kolobe, dalk die keer in die groen groen somertyd.

Jan M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Puik. Dit is 'n ongelooflike plek. Baie netjies en goed ingerig. Alles wat jy nodig het, is daar. Privaatheid 10/10 en hottub saam met uitsig is skitterend. Dankie, ons sal julle weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Baie bly dat julle tevrede is. Ons sal waardeer as julle terugkom vir nog lekkerte.

Cindy M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

'n Juweel van 'n plekkie, en 'n mens kan net lekker ontspan! Ons het heerlik gebly, so 'n pragtige plekkie in die middel van die bosveld! Privaat en baie stil. Definitief die moeite werd om vir die akkommodasie te gaan kuier! 'n Mens kyk bosveld TV met al die diere wat die watergat besoek en die hot tub is 'n wenner!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Coert
Kolobe Luxury Safari Tent
Ek is dankbaar ons gaan julle weer sien. Dankie! En maak so asb?

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Coert Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 89

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosvark Inn Wildsplaas, Langs die R500, Fochville, 2520, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9fe96189e40522b77ba764e87ecdc199f9c983aa924a1510223bf7b2d5652124351ce987ed7cac7173a60738eddb0579ddd1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 50 5 1 5 Bosvark Inn Gamefarm Off the R500 2520 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.596999 27.496822

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang