Kruger Shalati - The Train on the Bridge and Garden Suites
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 64 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Selati-brug, Skukuza Ruskamp, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
- Vanaf R12 500 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kruger Shalati bied verblyf in 24 treinwa-suites wat op die trein op die brug geleë is en 7 Bridge House-suites wat langs die brug op die rivieroewer geleë is. Die skilderagtige ligging in die tuin met die trein as agtergrond gee dié verblyf 'n baie unieke ligging in die ikoniese Krugerwildtuin.
Die trein is permanent bo die Sabierivier op die Selatibrug, 'n brug met 'n baie ryk geskiedenis, staangemaak. Hiér word unieke en luukse verblyf in 'n trein gebied wat aan die 1920's se treinspoorsafari's herinner.
Die eenhede het slaapplek vir 2 tot 4 gaste elk. Elke Treinwa-kamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 2 wasbakke. Die Bridge House-eenhede het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, stort en 'n bad. Ander geriewe in elke eenheid sluit 'n yskassie, kroegie, mandjie met peuselhappies en tee- en koffiemaakgeriewe in.
Hoog bo die rivieroewer is daar 'n dek met 'n swembad, waar gaste kan afkoel terwyl hulle die krokodille, seekoeie, buffels en olifante dophou. Die ruim Treinwa-kamers bied uitsigte oor die majestueuse Sabierivier en die styl van die trein vier Afrika-ontwerp en plaaslike kuns- en kunsvlytvaardighede. Hiér kan gaste die Krugerwildtuin ervaar terwyl hulle hoog bo die Sabierivier slaap.
Kruger Shalati neem gaste op 'n buitengewone ontdekkingsreis tussen die natuurskoon.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Judiet Barnes / Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Selati-brug, Skukuza Ruskamp, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Shalati - The Train on the Bridge and Garden Suites het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Skukuza Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 64 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Selati-brug, Skukuza Ruskamp, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang