Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekke By Die See

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baracudasingel 7, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R570 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lekke By Die See is 'n gaste-suite op die eienaars se perseel en bied selfsorgverblyf naby die strand in die kusdorpie Dwarskersbos. Dié dorpie spog met menigte aktiwiteite soos swem, stap, visvang, voëlkyk en 4x4-roetes.

Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Beddegoed en handdoeke word verskaf. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster, ketel en die nodige kook- en eetgerei toegerus. Koffie, tee, suiker en versoeters word vir een keer voorsien. Daar is braaigeriewe op die stoep en 'n rooster, roosterstaander, braai- en koletang word voorsien.

Die eenheid is nie rolstoel-vriendelik nie. Daar is 7 trappe tot op die stoep en weer 2 trappe van die stoep na die woonstel. Daar is 'n reeling vir veiligheid.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Rocherpan Natuurreservaat, strande, restaurante, die Mykonos Casino en die Weskus Fossielpark in.

Daar is nie 'n TV nie, maar gratis WiFi is beskikbaar.

'n Foksterriër is op die perseel en is gek na mense, maar nie gemaklik met kinders nie en daarom laat ons nie kinders toe nie. Ons kan ongelukkig ook nie honde akkommodeer nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Lugversorging
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 94 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tania D
Saam met vriende
5.0
"Home away from home.". Sjoe, wat 'n heerlike belewenis. Die gasheer en gasvrou is werklik spesiaal en laat mens welkom voel. Die eenheid het alles wa...
Sien meer
Des 2024
Zelda S
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, netjies, met baie vriendelike eienaars en woefie. Ons was hartlik verwelkom by Lekke by die See! Die gasheer en sy oulike 4-been het ons vi...
Sien meer
Nov 2024
Antoinette K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gemaklik. Ons was net omkant gevang met die feit dat daar nie hand- en stortseep beskikbaar was nie.
Okt 2024
Susan J
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige juweeltjie naby die see wat mens weer sal wil besoek. Heerlik gerus! Heerlik gekuier en pragtige strand en omgewing geniet. Vriendelike en ga...
Sien meer
Okt 2024
Johan P
Saam met lewensmaat
5.0
Erg lekker. Ons het baie lekker gebly. Nico het ons baie welkom en tuis laat voel.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 94

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Baracudasingel 7, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekke By Die See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 570
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 570
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baracudasingel 7, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdBqyoemv9EFCTuFxFX9qBj8BIzv15UfjsaEn7OjTb1B8E8AdXM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R570 per nag (plek vir 2) 94 5 1 5 7 Baracuda Crescent Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.691250968646 18.235524404928

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang