Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mabalingwe Elephant Lodge

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R990 R891 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk.
Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed in elke eenheid. ’n En suite-badkamer met ’n stort in eenheid A en B, 'n toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n slim-TV. Daar is DSTV, Showmax, Netflix en YouTube op beperkte data beskikbaar en daarna vir gaste se rekening.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die eenhede het elk hul eie aparte, privaat boma.

Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.

Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 224 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Melany G
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker gekuier en die netjiese eenheid het beslis daartoe bygedra. Die eenheid was besonder aangenaam en netjies teenoor van die ander eenhede...
Sien meer
Mrt 2025
Annelize R
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n heerlike naweek. Die eenheid was netjies en skoon. Die wild om die huis het die naweek nog lekkerder gemaak.
Feb 2025
Madeline M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige naweek. Heerlike rustige naweek. Dit was fantasties. Ons het baie lekker gebly en baie diere gesien.
Feb 2025
Cindie H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties - Absoluut die moeite werd. Sal beslis weer gaan. Elephant Lodge is beslis die moeite werd om na toe te gaan. Hulle het soveel moeite gedoe...
Sien meer
Feb 2025
Naomi D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese kliente diens. Sal beslis aanbeveel. Besonderse spesiale naweek gewees wat net nog beter gemaaknis deur fantastiese kliente diens. Baie da...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 224

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
R 990 R 891
per nag (plek vir 3)
Vanaf R990
R 990 R 891
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e4d487a85ee440dd721035f423af52c27bb18f0c68855c78a7d24c06675b90227e944fe850866711932a3b54a57ac0894d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R990 nouVanaf R891 per nag (plek vir 3) 224 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516, Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.822157740712 28.062489263907

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang