Malachite Place
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Okt 2024 tot 7 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Siyayi-rylaan 2, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 400R1 120 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Malachite Place, vernoem na een van die voëls in die omgewing, is 'n opgeknapte dupleks wat ideaal is vir vakansiegangers en sakereisigers. Dit bied selfsorgverblyf, waar gaste die skoonheid van Mtunzini kan verken. Dit is in 'n veilige kompleks, naby die Umlalazi Natuurreservaat, waar gaste kan stap, voëlkyk en piekniek hou.
Dié huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet op die onderste verdieping. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na die sitarea met sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Die eetarea is ideaal om maaltye saam met familie of vriende te geniet. Daar is 'n werkspasie vir gaste, asook WiFi.
Die privaat tuin is 'n rustige oase waar gaste met 'n boek kan ontspan, aan 'n koppie koffie kan teug, of ontbyt kan geniet.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel. Mtunzini is 'n paradys vir voëlkyk-entoesiaste en bied spesies, soos die Palmneutaasvoël, Groenkolpensie, Gryssuikerbekkie, Koekoekvalk, Watertrapper, Bosloerie en Manglietvisvanger. Die verblyf is net meer as 1 km vanaf die Mtunzini Buiteklub, wat 'n weeklikse Parkrun aanbied, asook gholf, tennis en muurbal bied. Die klub het 'n gesinsvriendelike restaurant met 'n speelarea.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Laura Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 3
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Siyayi-rylaan 2, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Malachite Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mtunzini Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Siyayi-rylaan 2, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang