Mitford-on-Sea Savuka
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 14, Gxarha (Morgansbaai), 5292, Oos-Kaap
- Vanaf R1 495 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mitford-on-Sea Savuka is in die bekoorlike kleindorpie Morgansbaai. Dit is 'n pragtige B&B-woonstel wat 'n onvergeetlike vakansie-ervaring bied. Die betowerende seefront-woonstel is in die hartjie van die Wildekus, 'n ruwe en ongerepte streek wat bekendstaan as 'n versteekte juweel.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n aparte alkoof met 'n stapelbed en kombuisie. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig, 2 stoele, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die woonstel het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, lugbraaier yskas en 'n waaier. Gaste het toegang tot 'n balkon wat die ideale plek is om te ontspan en die vars seeluggie te geniet. Die balkon spog met 'n panoramiese uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is ook 'n klein braai.
Die nuwe restaurant, Salty, het op die onderste verdieping oopgemaak en gaste kan heerlike à la carte-etes hier geniet.
Mitford Lodge Savuka is naby die pragtige kranse van Morgansbaai waar gaste kan sien hoe die skuimtoppe van die branders oor die sand en rotse klots. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rosalynd Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kusweg 14, Gxarha (Morgansbaai), 5292, Oos-Kaap
- Gaste dink Mitford-on-Sea Savuka het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gxarha (Morganbaai) Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 14, Gxarha (Morgansbaai), 5292, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang