'n Stukkie Hemel Cottage
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 3 Nov 2024 tot 30 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyferstraat 55, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 500R1 000 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Die Stukkie Hemel Cottage is 'n selfsorghuis in die stil en veilige woongebied van De Kelders. Hierdie bekoorlike huisie is die perfekte vakansieplek vir gaste om te ontspan en is troeteldiervriendelik indien dit vooraf met die bestuurder gereel word.
Die huis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en dit lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 1 driekwartbed, 'n en-suite badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak, en dit het ook 'n skuifdeur na buite.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, prutpot, en 'n ketel in. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 5 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n dubbelslaapbank en 'n TV met sekere DStv-kanale . Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis lei na 'n lieflike stoep met see uitsig vanwaar gaste asemrowende sonsondergange oor die see kan geniet. Gedurende wasvisseisoen wat strek van Julie tot November. Die stoep het buitemeubels, braaigeriewe en 'n uitsig oor die groot, omheinde tuin waar die skilpaaie tuisgaan.
In geval van beurtkrag is daar 'n gasbottel beskikbaar vir kookdoeleindes, asook noodlampies en kerse.
Die huis is een blok vanaf die Walkerbaaikus. Die strande en grotte is 186 m vanaf die huis en daar is verskeie voetslaanroetes in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 110
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Vyferstraat 55, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink 'n Stukkie Hemel Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vyferstraat 55, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang