Onrus Beach House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arum-straat 9, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R3 100 per nag (plek vir 13)
Beskrywing
Onrus Beach House bied selfsorgvakansieverblyf met 'n see-uitsig en is in die hartjie van Onrusrivier, Hermanus geleë. Dié huis is die ideale opsie vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n kuswegbreek aangesien dit stapafstand vanaf die strand is.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 13 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die eerste 4 slaapkamers het 'n elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het ook 'n stapelbed. Die vyfde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is bad-en stortgeriewe. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en die wasgoedkamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet.
Die huis het 2 sitareas wat onderskeidelik 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket het. Gratis WiFi is beskikbaar. Die boonste verdieping lei na 'n onderdakbalkon met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n tuin agter die huis met sitplek rondom die vuurput en nog 'n ingeboude braai.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Stephan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Arum-straat 9, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Onrus Beach House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arum-straat 9, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang