Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oom Benna's Self-Catering

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
  • Vanaf R9 600 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Oom Benna's Self-Catering bied akkommodasie op 'n werkende skaapplaas. Hier kan jy bly in 'n plaashuis wat toegerus is vir selfsorg of by 'n kampterrein wat ideaal is vir groepe en reisigers op soek na 'n oornagplek op pad na Namibië of die Kgalagadi Oorgrenspark.

Die plaashuis bied slaapplek vir tot 12 gaste in 3 slaapkamers waarvan 2 en suite-badkamers het met 'n stort. Daar is ook 'n derde badkamer. Die sitarea het addisionele slaapplek op 'n stapelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n stapelbed in een van die slaapkamers. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas en 'n gasstoof. Verder is daar 'n gas-geiser en sonkrag-ligte. Beddegoed en handdoeke word voorsien en gaste geniet toegang tot 'n swembad en braaigeriewe.

Oom Benna's Self-Catering is minder as 1 km vanaf die R27 tussen Kenhardt en Brandvlei en dis 600 km van Kaapstad af. Die ligging sorg vir vars lug, die ideale toestande vir sterrekyk en goeie geleenthede vir voëlkyk. Die klein dorpie, Brandvlei, is in die Karoo van die Noord-Kaap in 'n streek wat as die Boesmanland of die Dorsland bekend staan. Brandvlei is 15 km van Oom Benna's Self-Catering af. Die streek het 'n sonderlinge skoonheid ? weinige plantegroei, hier en daar 'n bossie en geel gras, en die klipperige woestynlandskap as agtergrond.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Leefarea

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Neels D
Saam met vriende
5.0
Dankie vir jou gasvryheid. Nostalgiese plaaskuier!
Des 2024
Jan P
Saam met vriende
5.0
Karooplaas, vars lug, stille vrede, rustig, pure plaas. Ons het dit baie geniet om by die akkommodasie oor te bly. Dit is net mooi halfpad Kgalagadi t...
Sien meer
Apr 2024
Gerda W
Saam met lewensmaat
4.8
Veilig, rustig, vriendelike ontvangs. Rustige Karoo-atmosfeer, veilig en gerieflik. Ons het wel die afwesigheid van enige muurproppe lastig gevind. On...
Sien meer
Jan 2025
Nina J
4.8
Wonderlike plaasbestemming. Die koel dam op 'n warm lentedag was 'n wonderlike bederf. Die huis is heerlik ruim.
Sep 2024
Leana G
Saam met vriende
4.2
Baie lekker pitstop. Heerlik gebly. Daar is geen selfoon ontvangs of kragproppe. Daar is egter 'n motorlaaier waarby 'n selfoon gelaai kan word. Die h...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Heila Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oom Benna's Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kalahari Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 9 600
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R 9 600
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkZjc5MTkxLWVlNzYtNDkzNy1iOGRiLWI5MDZmY2ViNGU2Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 600 per nag, vir 12 mense 29 5 1 5 Rietkolk Plaas Brandvlei 8915 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.330257189853 20.523291781364

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang