Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Oranjerus Resort

  • Kapasiteit: 50 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oranjerus Resort is aan die oewer van die Oranjerivier in die dorpie, Kanoneiland in die Groen Kalahari geleë. Dit is net 30 km buite Upington en die perfekte oornagplek vir gaste wat die Kgalagadi-oorgrenspark, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en die Namakwaland in blommetyd wil besoek.

Die oord bied 'n hele rits bekostigbare opsies. Gaste kan kies tussen verblyf in die Sakpas-chalets, Besigheidskamers, Luukse chalets, Rivier-chalets, Tentverblyf en Houthuisies. Al die eenhede beskik oor lugversorging, TV's, koffie- en teemaakgeriewe en yskassies. Al die chalets, behalwe die besigheidskamers en tente is ook vir selfsorg toegerus.

Die oord het 'n kroeg en 'n restaurant op die perseel met uitsigte oor die rivier en tuin. Gaste kan van die oord se geriewe gebruik maak. Dit sluit 'n swembad en braaigeriewe in. Verder is daar ook 'n konferensie- en trou-venue by Oranjerus beskikbaar.

Let asb. dat die restaurant gesluit is op Sondagaand en Maandag. Daar is dus nie ontbyt op Maandag nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 203 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Liesl L
Gesin met tieners
5.0
Lekker ontspan! Lekker geslaap! Heerlik ontspan - rustige atmosfeer. Jul sien ons gou weer.
Mrt 2025
Zenzele N
5.0
Fun. Marvelous and fun, we will definitely call again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Philip Z
5.0
Baie lekker ontspannende area. Baie lekker gebly. Huis op die groot rivier se wal. Restaurant het baie lekker kos.
Sep 2024
Marius H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. O was very helpful. Dit was 'n baie lekker bly gewees.
Apr 2024
Johan L
Saam met vriende
4.8
Baie lekker rusplek, pragtige uitkyk op die rivier en vriendelike staf. Dis 'n pragtige oord op 'n baie mooi deel van die Oranjerivier. Die kroeg/rest...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Lourette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 203

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oranjerus Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fa5342e7d1acced400f5978eb645a0a0639b3ae7d35c4bc2e35c11eaa42c52c3b772a7188c3ec2e5ea3316839343736413a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 203 5 1 5 R359 Plot 152 8806 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.6385474 21.1172676

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011