Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Oude Wellington Estate

Gastehuis
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bainskloof R301/3, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Oude Wellington Estate is in die hartjie van die Kaapse Wynlande geleë. Tafelberg, Stellenbosch en Franschhoek is net 'n uur se ry ver. Die landgoed produseer wyn en brandewyn en gaste is welkom om te kom proe.

Verblyf is op 'n Kaaps-Hollandse landgoed uit 1790, met tradisionele wit mure en gewels, sowel as 'n rustieke restaurant in 'n werkende distilleerdery, en kamers waar die ou bekoring met gemak gekombineer word. Die meeste kamers het lugversorging, 'n DVD-speler, 'n slim-TV, 'n wynyskas, 'n mikrogolfoond, gratis WiFi, 'n muurkluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke kamer het sy eie privaat ingang.

Behalwe die luukse, 4-ster gastekamers is
daar 4 basiese selfsorg-opsies vir 1 tot 6 gaste, sommige met 'n braai of 'n kaggel. Dit word skoongemaak, maar is slegs beskikbaar vir twee nagte.

Gaste met gestremdhede kan in 'n gerieflike kamer op die grondverdieping geakkommodeer word.

Die knus restaurant is 'n aparte besigheid op die landgoed. Gaste moet hulle direk kontak vir besprekings. Die restaurant is oop van Dinsdag tot Saterdag vir middagete en aandete en Sondae bedien hulle 'n baie lekker middagete-buffet.

Die nuwe spa bied uitstekende masserings, refleksologie en warmklipbehandelings. Gaste moet asb. vooraf bespreek. Ook om die sauna in die spakamer te gebruik.

Die swembad het 'n outomatiese swembadbedekking. Ouers is verantwoordelik vir hul kinders. Neem asseblief kennis dat die damme op die plaas nie omhein is nie.

Vir vermaak is daar boules, biljart, 'n swembad, buitelugtennistafel en 'n groot skaakstel. Daar is ook drie vriendelike honde, katte en 'n magdom eksotiese papegaaie en alpakkas. Die alpakkas is vriendelike diere en sal nader kom as jy roep. Gaste moet hulle asseblief respekteer, hulle is nie troeteldiere nie.

Die landgoed is ook die tuiste van 'n uitstekende Arabierperdestoet. Ongelukkig is geen uitryritte tans beskikbaar nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Rolf Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Bainskloof R301/3, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oude Wellington Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bainskloof R301/3, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxMWI5NWFjLTgzOTYtNGU4MC1hYjcwLTE0Yzg5ZGU2YzI5YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 59 5 1 4 Bainskloof R301/3 Wellington 7654 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -33.64547442842 19.041720628738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789